Flaminke twyfel oor hierdie broeiseisoen

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die flaminke van Kamfersdam oorweeg dit om moontlik nie hierdie broeiseisoen kuikens die wêreld in te bring nie. 

Volgens dr. Doug Harebottle, ’n lektor by die Sol Plaatje-universiteit, was daar nog geen teken van broei-aktiwiteite onder die flaminke nie. ’n Paar neste is gebou, maar geen eiers is in die neste gewaar nie, verduidelik hy. 

Dit is moeilik om te sê, maar net tyd sal leer wat die toekoms vir die flaminke inhou. Dit sal duidelik word wanneer daar meer neste gebou word en ons begin om eiers en kuikens te sien. 

’n Navorsingspan gaan binnekort ’n telling by dié dam hou om vas te stel hoeveel neste gemaak is, en of daar eiers gelê word. 

Harebottle sê die watervlakke en voedsel by die dam is voldoende met die reën wat die gebied onlangs ontvang het.