Rower moet in Kuruman-landdroshof verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN – ’n Polisielid op Kuruman het Woensdag 22 Januarie 2020 voetpatrollie in die middestad gedoen, toe hy  ’n man betrap wat besig was om ’n bejaarde te beroof.

Sers. Lebogang Serati, polisiewoordvoerder, sê hy was besig met patrollie toe hy omstreeks 10:00 ’n jong man opgemerk het wat besig was om ’n 70-jarige man te beroof. “Die ou man is deur die jong man aangerand en van sy geld beroof.”

Serati het daarin geslaag om die verdagte in hegtenis te neem. Serati se vinnige optrede het daartoe gelei dat die ou man sy geld terrugekry het.

Die verdagte sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.