KURUMAN – Op Woensdag 2 Januarie is ’n verdagte (26) in hegtenis geneem oor geld wat hy vermoedelik gesteel het. Sers. Tshepo Maemo, ’n sersant van Kuruman-polisie, was op sy pos besig om voetpatrollie te doen in Livingstonestraat, toe hy ’n onbekende man sien hardloop in die rigting van Kuruman se taxistaanplek.
Geld in kosblik
Volgens sers. Maemo het hy agter die man aangehardloop en hom opgespoor waar hy wegkruip in die agterkant van een van die taxi’s. Die man het die gesteelde geld in ’n kosblik weggesteek. Die geld was vermoedelik gesteel by ’n vrou (72) wat beweer dat haar kosblik, met geld in, by haar gevat is.
Die verdagte sal in die Kuruman-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en roof.




