Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 2

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al gehoor van, of weet jy van iemand wat spoorloos verdwyn het? Daar is baie gevalle regoor die wêreld van mense wat net spoorloos verdwyn en nooit weer opgespoor word nie.

Die raaisel van Maura Murray

Maura Murray, ’n Amerikaanse vrou van Woodsville, New Hampshire, was 21 toe sy op 9 Februarie 2004 beheer oor haar motor verloor het en op ’n sneeubank neergestort het. ’n Ander bestuurder het by haar stilgehou en gevra of sy hulp nodig het, maar sy het gesê sy het reeds insleepdienste gebel. Die bestuurder het weggery en besluit om in elk geval die polisie te bel.

Tien minute later, toe die polisie op die toneel opdaag, was die motor gesluit en Murray was weg. Daar was geen voetspore in die sneeu nie, snuffelhonde kon nie haar reuk opspoor nie, en ’n hittesoekende-helikopter het niks gesien nie.

Vreemde besonderhede het aan die lig gekom. Murray, wat ’n briljante verpleegstudent aan die Universiteit van Massachusetts was, het $280 uit haar rekening onttrek en vir haar onderwyser ’n  e-pos gestuur om te sê sy sal vir ’n week lank klas moet mis as gevolg van ’n sterfgeval in die familie. Daar was geen dood in haar familie op daardie tydstip nie.

Haar kar was gesluit en haar selfoon, bankkaarte, ’n padkaart en ’n boks wyn is op die agtersitplek gekry. Wyn was aan die buitekant van die voertuig gemors.

By nadere inspeksie van die koshuis waar Murray gebly het, was al haar besittings in bokse gepak.

Menige leidraad is opgevolg, wat geen vordering in die saak gemaak het nie. Maura Murray is ook nêrens opgelet sedert die nag dat sy verdwyn het nie.

Die polisie het haar saak aanvanklik as ’n vermiste persoon behandel met die geloof dat sy moontlik vrywilliglik wou verdwyn.