SUID-AFRIKA – 23 Januarie 2020, Nasionale Handskrif Dag, moedig mense aan om weer pen en papier vir die dag te gebruik.
Wanneer laas het jy ’n lysie met jou daaglikse take neergepen? Het jy dalk vanoggend vir jou ander helfte ’n klein liefdesbriefie in sy of haar kosblik weggesteek?
In ’n wêreld waar alles deur tegnologie gedryf word, is ’n handgeskrewe brief net nog meer spesiaal.
Jou handskrif is soos jou vingerafdruk, uniek. Dis joune. Niemand anders in die wêreld kan jou naam skryf soos jy kan nie.



