Herstelwerk in Oliverstraat vorder

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Herstelwerk aan ’n gedeelte van die pad in Oliverstraat, waar ’n pyp gelek het, vorder.

FiND iT het om 12:30 deur die gebied gery. Die binneste bane word steeds geaffekteer. Vermy om vanaf Oliver- in Chamierstraat regs af te draai, indien dit moontlik is.

Werkers was besig om die grondlaag vir teer voor te berei.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit , sê ’n optieseveselkabel word deur ’n kontrakteur vir ’n telekommunikasiemaatskappy geïnstalleer.