KIMBERLEY. – Ida Rheeder, voorsitter van Noord-Kaap Landsdiens, vertel aan FiND iT wat sy van landsdiens geniet.
Betrokke al vir jare
Rheeder vertel hoe sy al jare deel is van Addies se landsdiens en daar het sy al hoe meer betrokke geraak en vandag is sy die hoof van Noord-Kaap landsdiens.
Rheeder se landsdiens het vier liefdes waarop landsdiens gebou is, wat insluit liefde vir die skepper, liefde vir die natuur, liefde vir die medemens en liefde vir arbeid.
Gemeenskap te betrek
“Ons doel is om mense in die gemeenskap te betrek en deel te maak van hierdie uitdagende projekte. By landsdiens is almal een groot familie en almal vat hande as ’n span om die vier liefdes van landsdiens teen alle tye uit te leef.”
Leerlinge leer om hulle gemeenskap te help of Bybels uit te deel. Dit, sê Rheeder, laat haar hart glimlag en gee haar rustigheid.
Trotse Landsdiens “mamma”

Rheeder is een trotse landsdiens “mamma.” In 2019 was daar ’n nasionale leierskamp. Lefran Smith is gekies as die junior kampleier vir gr. 8 tot gr. 9. Gian van Zijl is gekies as groepleier by die senior kamp vir gr. 10 tot gr. 12.
Die landsdiens-span het ’n positiewe uitkyk vir 2020. “Die jaar het baie uitdagings, maar ons is reg daarvoor.”
Almal kan ‘n verskil maak
Rheeder sê almal kan ’n verskil maak. “Plant inheemse bome in jou tuin, dien jou medemens en gee aandag aan herwinning.”

Vir meer inligting, bel Rheeder by 084 840 2511.



