Jou kuur tot snorksiekte

Deel hierdie storie / Share this story

’n Paar druppels olyfolie in elke neusgat voordat jy gaan slaap. Dit kan dalk die kuur tot jou snorksiekte wees!

Boererate word deur meeste mense gesien as iets wat maar net ’n ouvroustorie is. Stem jy saam of dink jy boererate het nog ’n plek in die samelewing?

So moet jy maak

Hier is ’n boereraat of twee uit Danie Smuts se boereraat-boek vir as jy of jou wederhelfte snorksiekte het:

’n Persoon wat ly aan snorksiekte moet geensins swaar verterende kosse met aandete geniet nie. As daar te veel las op die spysverteringstelsel geplaas word, snork ’n mens. ’n Te groot alkoholinname kan ook bydra tot snorksiekte.

’n Lae, plat kussing word aanbeveel eerder as ’n hoër kussing.

’n Toutjie kan ook aan die groottoon gebind word en aan die voetenent van die bed vasgemaak word. Wanneer die snorker dan droom, beweeg die voet en die gesnorkery stop onmiddellik.

’n Paar druppels olyfolie elke aand in elke neusgat, is ook ’n kuur vir die snorksiekte.

Vir watter skeet of pyn soek jy boererate? Laat weet ons in die kommentaar hieronder!