Dwelmhandelaars op Hartswater en Warrenton in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Twee verdagtes is gister 22 Januarie 2020 op Hartswater en Warrenton vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Brig. Charlotte Makgari, polisiewoordvoerder, sê : “’n Buitelandse man is op Hartswater vir dwelmhandel  in hegtenis geneem en beslag is op 4 gram tik met ’n geraamde straatwaarde van R2 400, gelê.”

“Die span is daarna na Warrenton, waar hulle ’n lasbrief uitgereik het aan ’n  44-jarige man. Hy is vir dwelmhandel in hegtenis geneem nadat verskillende dagga pakkies by hom gevind is.”

Die verdagtes sal vandag onderskeidelik in die Hartswater- en Warrenton-landdroshowe verskyn.