Saam eet aan tafel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Aan tafel sit is een van die grootste tradisies tussen families. FiND iT het met ons lesers gepraat en gehoor of dié tradisie nog in hulle huishouding voortgaan.

Terugvoer van leser

Sarehn Roberts sê: “Wens ons kon nog, maar my plek is net te klein, deesdae is dit op die skoot eet voor die T.  Aan tafel sit het soveel memories vir al van my kinderdae.”

Gejaag van die samelewing

Die meeste mense het so grootgeraak, maar met die jare en die gejaag van die samelewing kan die tradisie nie altyd toegepas word nie. Gesinne eet steeds saam, maar sit nie aan die tafel nie.

Geen elektroniesetoestelle

Wilsca Smith vertel hoe hulle nie altyd aan tafel sit nie, maar steeds as dit etenstyd is, word geen elektroniesetoestelle toelaat nie. Daardie paar minute is hulle familietyd.

Tradisie nie uitgesterf

Die tradisie het nie uitgesterf nie. Soveel mense dek nog tafel voor elke maaltyd en sien dit as hulle stiltetyd saam met familie om te hoor hoe hulle dag was. In vandag se lewe kry jy nie regtig meer tyd om elke oomblik te hoor hoe dit met almal gaan nie. Die tradisie is steeds vir families ’n moet en geen uitsondering word aanvaar vir nie aansit vir ete nie.

In Amerika het hulle #DeviceFreeDinners.