Voortrekkers gereed vir 2020

Deel hierdie storie / Share this story

Die Rocco Knobel kommando in Kimberley se jaarlikse opening was gisteraand by Laerskool Eureka. Nuwe en ou lede is deur ‘n skattejag vir die nuwe jaar welkom geheet.

Planne vir die jaar

Die Voortrekkers beoog om die jaar met ander kultuurorganisasies in Kimberley in te skakel. Hulle het talle aktiwiteite en projekte wat hulle vanjaar wil aanpak. Projekte soos om minderbevoorregtes te help en lewens te verander by kinder- en ouetehuise.

Kampeerdery

Daar is ook verskeie kampe wat vanjaar plaasvind. Van ’n kommando-kamp op die Bodemvas-kampterrein, waar Voortrekkers skuilings bou en in die veld leer kook, tot Boknes in die Oos-Kaap.

Die Voortrekkers wil graag in hierdie jaar fokus op aktiwiteite met betrekking tot  hul taal en kultuur.

Foto: Vorie-lede span saam om uit te pluis wat die leidrade beteken.