Nuwe hoop na verwoestende brande

Deel hierdie storie / Share this story

Die bosvure in Australië, wat hand uit geruk het en soveel skade veroorsaak het, is steeds nie geblus nie. Volgens die NSW Landelike Brandweerdiens is meer as 1100 brandbestryders tans besig om die verspreiding van brande te verhoed. Meer as 27 mense en 25 000 koalas is al dood en 2500 geboue is al deur die brande vernietig.

Ten spyte van die skade

Daar is ’n lig aan die einde van hierdie donker tonnel. Met al die hande wat al gehelp het en die reën wat onlangs geval het, kry Australiërs nuwe hoop en moed.

1. ‘n Nuwe plant groei uit ’n afgebrande boom in Australië

2. Die natuur en wild kry weer nuwe lewe

3. Koalas wat gered en behandel is, gereed om na ‘n nuwe huis te verhuis

4. Bekendes het miljoene geskenk om Australië te help.