Ongeluk op die vierrigting by Carters- en Queensweg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daar was omstreeks 08:00, 22 Januarie 2020, ’n motorongeluk by die vierrigtingstop van Carters- en Queensweg.

Nooddienste was op die toneel toe FiND iT daar opdaag.

Collin Kerry Tango (30), ’n omstander wat die ongeluk sien gebeur het, sê: “Dit sal veiliger wees as daar ’n robot hier opgerig word, omdat daar so baie ongelukke plaasvind.”

Tango vertel: “Die Volkswagen Jetta is aan die regterkant gestamp en het oor die pad gegly en teen ’n lamppaal vasgeslaan.”

Die voertuig teen die lamppaal vas.

Niemand is ernstig beseer nie. Die bestuurder van die Jetta is na Lenmed Hospitaal  vir die behandeling van skok geneem.