KIMBERLEY – Die polisie het Dinsdag 21 Januarie 2020 ontwrigtende bedrywighede in die Kimberley-omgewing ondersoek.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê: “Twee verdagtes is in Galeshewe en Kagisho in hegtenis geneem en dagga van onderskeidelik 1.126 kg en 466 gram is gekonfiskeer.”
’n Verdere 286 g dagga is gevind, maar niemand is in hegtenis geneem nie. Die beraamde straatwaarde van die dagga is R10 000.00.
Die verdagtes is 24 en 44 jaar oud en sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.



