KIMBERLEY – Kliënte van Standard Bank by die North Cape Mall was woedend nadat die tak weens ’n logistieke probleem eers omstreeks 09:30 oopgemaak het.
Zenobia Bergh, ’n inwoner hier, het FiND iT op Facebook gekontak. “Dit is 09:15 en die bank is steeds toe, wat is aan die gang?“ vra sy.
Volgens omstanders het personeel van ’n ander tak in die stad omstreeks 09:15 opgedaag om daar uit te help.
Deure is om 09:30 geopen met een kassier en ’n tweede wat volgens ’n kliënt besig was om gereed te maak om na die massiewe ry mense te help.
Ross Linstrom, woordvoerder van Standard Bank, sê die tak het ’n kwartier laat oopgemaak weens ’n probleem met logistiek. “Standard Bank vra om verskoning vir enige ongerief wat daardeur veroorsaak is.”



