KATHU – ’n Gewapende verdagte wat skote afvuur, is hier tydens ’n transito-roof op kringtelevisie vasgevang.
’n Inwoner, wat drie minute ná die voorval op die toneel gekom het, sê die verdagtes het in ’n motor met rooi plakkers weggejaag. Volgens berigte het die verdagtes met R217 000 weggekom.
Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê die polisie het die voertuig agternagesit en het die verdagtes vasgetrek. Een verdagte is in hegtenis geneem. Die ander verdagte het in ’n wit Hyundai-bussie gevlug, verduidelik die inwoner.
Lees ons vorige berig, Mall transito-rowers vasgetrek.



