Skoolhoof verskyn in hof op aanklag van aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Isaak Johannes Joubert (62), Jimmy Roos se skoolhoof, het homself aan die polisie oorgehandig. Dit na ’n video op sosiale media gelek het van die skoolhoof wat ’n leerling in die koshuis van die skool aanrand. Volgens brig. Motantsi Makhele het die saak vandag in die Dewetsdorp se landdroshof voorgekom. Die skoolhoof is op waarskuwing vrygelaat en verskyn weer 24 Maart 2020 in die hof.

Die video wys hoe Johannes op 16 Augustus 2019, ’n leerling wat aan die slaap was, aanrand. Verdere ondersoek het onthul dat daar ’n optog deur die leerlinge op dieselfde dag gehou is, wat gelei het daartoe dat die skoolhoof aangerand is. Plaaslike polisieowerhede is ontbied om die situasie onder beheer te kry.

Verklarings van al die betrokke partye, insluitende die slagoffer en die polisielede wat op die toneel was, asook die video’s van die insident, gaan aan die direkteur van nasionale vervolgingsgesag voorgelê word.

Kyk die video hier:

https://youtu.be/oUEPzkqvWKI

NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE.