Mall transito-rowers vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU – ’n Transito-rower (40) is hier vasgetrek terwyl ’n medepligtige volgens berigte met R217 000 gevlug het.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê gewapende verdagtes het ’n sekuriteitsbeampte by ’n besigheid oorval terwyl hy ’n onbekende som kontant na sy voertuig gebring het. Hulle was gewapen met ’n pistool en geweer en het met die som geld in ’n wegkom-motor gevlug, sê Mnisi.

Sy sê polisie het die voertuig agternagesit en het die verdagtes vasgetrek. Een verdagte is in hegtenis geneem. Nog ’n verdagte het in nog ’n voertuig gevlug.

EWN het berig dat die rowers ’n som van R217 000 gesteel het.

Die beskuldigde verskyn vandag in die Kathu-landdroshof op die aanklag van gewapende roof.