Is die Corona-virus die nuwe Varkgriep?

Die virus wat in Wuhan in China ontstaan het, het tot dusver nege lewens geëis. Meer as 440 mense regoor Beijing, Shangai en die Guangdong provinsie is tans siek as gevolg van die respiratoriese virus wat as die Corona-virus bekend staan.

Reisagentskappe in Wuhan, die stad waar die virus ontstaan het, is verbied om enige toergroepe uit die stad te neem. Verkeersbeamptes is besig om elke privaatvoertuig wat in of uit die stad beweeg, te deursoek. Hulle is op soek na lewendige pluimvee of wilde diere. Volgens die munisipale gesondheidskommissie in Wuhan, word die virus aan pluimvee en seekos gekoppel.

Hierdie nuwe maatreëls is ingestel na Xi Jinping, die Chinese president, die nodige stappe geneem het om die verdere verspreiding van hierdie virus totaal en al stop te sit.

Dalk te laat ingegryp

Alhoewel die eerste mense al in middel-Desember met die virus gediagnoseer is, is daar eers op 14 Januarie ingegryp.

Ten spyte van die aanvanklike verslae wat berig het dat die Corona-virus nie deur middel van mense versprei kan word nie, het Chinese gesondheidsowerhede onlangs bevestig die virus kan beslis van mens tot mens oorgedra word.

’n Inenting om die virus teen te werk sal eers oor ’n jaar beskikbaar wees, aangesien dit maande gaan neem om die eerste toetsuitslae te kry.

Simptome

Simptome van hierdie virus stem ooreen met die simptome van ’n verkoue. ’n Loperige neus, ’n hoes, ’n seer keel, hoofpyne en ’n aanhoudende koors.

1 thought on “Is die Corona-virus die nuwe Varkgriep?

  1. I would like to know is it possible to get infected by the coronavirus if you were not being close to someone who has coronavirus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *