Inwoners van Roodepan is baie ongelukkig oor hoe dit tans op die dorp lyk. Water loop oor die dorp se grondpaaie en maak ’n modderspul. ’n Inwoner van Ivory Park Roodepan het gekla oor die feit dat hulle in sulke omstandighede moet bly. Skoon drinkwater word gemors en niemand doen iets aan die saak nie.




