‘n Vrou is om 10:30 vanoggend op die hoek van Long- en Sydneystraat in New Park raakgery.
Toe FiND iT by die toneel aangekom het, was die vrou alreeds in die ambulans.
Volgens Elfie Visser (41), wat die ongeluk gesien gebeur het, was die robot rooi toe die vrou oor die pad geloop het. Visser sê die vragmotor het stadig gery en die drywer het nie die vrou raakgesien nie.
Die vrou is volgens Visser baie ernstig beseer en is na Kimberley Hospitaal gejaag.



