KIMBERLEY – ’n Ongeluk het Sondagaand 19 Januarie om 22:10 op die hoek van Hendrik van der Bijlstraat en die N12, Kimdusrtia plaasgevind. FiND iT was dadelik op die toneel.

Die bestuurder van die vragmotor, Thabiso Moseme (31) was aan diens en op pad terug werk toe, toe die ongeluk plaasvind.

Die vragmotor was op die N12 besig om ’n draai na regs te maak toe die botsing plaasvind.
Niemand is ernstig beseer nie.





