KIMBERLEY – Roelof du Toit (40), wat aangekla word vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, sal weer op 25 Febuarie 2020 in die landdroshof in Kimberley verskyn.
Du Toit is in Januarie 2014 in hegtenis geneem nadat ’n Amerikaanse polisie-agent hom as ’n 15-jarige kind voorgedoen het. Hy het met hom oor e-pos begin praat. Du Toit het glo destyds saam met ’n 12-jarige kind in Kimberley in New Park gebly. Foto’s van dié kind is glo oor e-pos deur Du Toit versprei. Hy is oorspronklik op twee klagte van kinderverkragting aangekeer.
In 2016 is die saak van die rol geskrap, omdat die staat nie voorbereid was nie. Die saak is weer deur die nasionale vervolgingsgesag (NPA) aanhangig gemaak.
Du Toit het sedertdien menige regsverteenwoordigers aangestel en afgedank. Du Toit het op 13 Junie 2019 sy pleit van skuld onttrek en onskuldig gepleit nadat hy beweer sy voormalige regsverteenwoordiger het hom aanbeveel het om skuldig te pleit.



