Model word die nuwe gesig van Faiz Mills Photography

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Chaunees Abbott (20) is ’n nuwe opkomende model van Kimberley. Sy is aangewys as die nuwe ambassadeur van Faiz Mills Photography.

Mooi en hardwerkend

Abbot is ’n derdejaar onderwysstudent by die Sol Plaatje-universiteit en sy help om modelwerk af te rig by Nouvelle Models in Kimberley. “Ek is tans besig om myself op te werk in die modelbedryf en streef daarna om ’n professionele model te word,” vertel Chaunees aan FiND iT. Sy beplan ook om eendag haar eie modelskool oop te maak waar sy ander kan help wat haar drome deel.

Nuwe ambassadeur

Sy het hierdie geleentheid raakgesien en aangegryp met beide hande. Sy en baie ander het hulle foto’s  ingestuur. “Ek het besluit om ‘n kans te vat,” en haar foto het die meeste likes gehad. Daarna is sy aangewys as die nuwe ambassadeur.

Wat lê voor?

As die nuwe gesig van Faiz Mills Photography is dit haar verantwoordelikheid om bemarking vir die maatskappy te doen en sy beeld uit te dra. Sy sê hulle gaan vanjaar baie gemeenskapswerk doen en baie reis.

Meer oor Chaunees Abbott

Haar motto in die lewe is Psalm 32:8 – “I will guide you along the best pathway for your life, I will advice u and watch over you,” en hierby lewe sy. Sy hou daarvan om ander mense te laat glimlag. “ I believe that we rise by lifting others.”