Nasionale Drukkie-dag

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – 21 Januarie is as Nasionale Drukkie-dag verklaar.

Dit het in die VSA ontstaan en is deur Kevin Zaborney, in 1986 begin. Hierdie dag gaan om mense aan te moedig om mekaar drukkies te gee.

Druk ’n familielid, ’n vriend, ’n kollega, of sommer net iemand wat dit mag nodig hê, is die tema van dié dag se viering.

Drukkies het verskeie gesondheidsvoordele. Studies het bewys drukkies kan die risiko om hartprobleme te ontwikkel verminder, ’n goeie immuunstelsel bevorder en bloeddruk verlaag.

Het enigeen ’n drukkie nodig?