KIMBERLEY. – ’n Bietjie goeie nuus vanaf Eskom: daar sal geen beurtkrag vandag wees nie.
Bevestiging van Eskom
Eskom se kommunikasie-afdeling het bevestig, alhoewel die sisteem onder druk is, sal daar nie vandag beurtkrag wees nie. Eskom is steeds besig met beplande en onbeplande instandhouding. Eskom wil beurtkrag verminder en verhoed sover as moontlik, lui die verklaring.
Voorsorgmaatrëëls
Verbruikers is gemaan om die volgende voorsorgmaatreëls te volg om kragverbruik te beperk:
Stel lugversorgers tot 23 grade;
Sit jou geyser af wanneer jy dit nie gebruik nie;
Gebruik die kouekraan as dit nie nodig is om die warmkraan oop te draai nie;
Stel jou swembadpomp om twee keer ’n dag vir drie ure op ’n slag aan te gaan;
Sit alle rekenaars, faksmasjiene, ligte en lugversorgers af wanneer jy huis toe gaan.



