’n Dogtertjie (6) is na bewering in Witbank, Mpumalanga deur haar pa, wat glo dronk was, vasgedruk om ’n tatoeëermerk te kry.
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder vir Mpumalamga, sê: “Daar is nie so ’n saak aangemeld nie, maar die polisie neem sake van hierdie aard baie ernstig op. Die polisie sal hierdie aantygings ernstig ondersoek.”
Die tattoeëersalon wou nie enige kommentaar lewer nie.



