KIMBERLEY. -Anton Groenewald (57) is ’n trotse pa en afrigter van Kimberley Pirates toutrek-klub. Die klub het ouers se harte in 2019 baie trots gemaak. Hier vertel Groenewald FiND iT meer oor tou trek.
inspirasie deur seun
Groenewald sê hy het nooit gedink hy sal ’n afrigter word nie ,maar dit is te danke aan sy seun, AC Groenewald
2019 sukses
Die span het sukses behaal toe AC die O.23 span in die lerland-kampioenskappe verteenwoordig het. Twee toutrekkers, Craig van Breda en JJ Louw, het Suid-Afrika in Malaysia verteenwoordig. Agt deelnemers van die ontwikkelingspan gaan in Zimbabwe deelneem. Die juniorseisoen is nou aan die gang en besig om reg te maak vir die junior SA’s wat in
Positiewe gevoel oor 2020
Die eerste proewe vir die seniorspan het al klaar plaasgevind. Groenewald sê hy voel goed oor 2020. Die klub gaan net hoë hoogtes behaal. Hulle kaalvoet (jongste span) is gereed vir die jaar 2020.



