NOORD-KAAP – Eskom se planne om elektrisiteit aan die Nama Khoi-plaaslike munisipaliteit te sny, is tydelik gestop hangende ’n hofsaak.
Die kragvoorsiener het op 10 Januarie ’n kennisgewing oor die beplande kragonderbreking uitgereik waarin hulle die besluit aan ’n wanbetaling deur die munisipaliteit toegeskryf het.
Eskom het in ’n e-pos aan Fin24 gesê die verskuldigde bedrag op 12 November het R113,3 miljoen beloop.
Geen datum vir die verhoor is nog vasgestel nie
Volgens Fin24 was dit nie die eerste keer wat Eskom gedreig het om die krag aan die munisipaliteite te sny nie. Teen Oktober verlede jaar is die munisipaliteit R26,4 miljard agterstallig. Die kragvoorsiener het gewaarsku dat die uitstaande skuld teen die einde van die jaar R30 miljard kan beloop.
Die destydse voorsitter, Jabu Mabuza, het gesê Eskom sal die beslaglegging op munisipale bates soos die burgemeesters se motors oorweeg om skuld te verhaal.
Volgens berigte was Eskom in November 2019 op die punt om elektrisiteit na drie Vrystaatse munisipaliteite, wat onder andere Bloemfontein ingesluit, het te sny. In Desember 2019 het Eskom weer gedreig om krag te sny – hierdie keer by 11 munisipaliteite in die Noord-Kaap.
Dit is weer eens gestaak nadat die kragvoorsiening gesê het dit “vorder” met die verkryging van uitstaande skuld by die munisipaliteite, het Fin24 vroeër berig.



