Twee mans vas vir diefstal van fiets

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Twee 29-jarige verdagte mans is gisteroggend omstreeks 10:10 by die Indiese sentrum in die middestad in hegtenis geneem.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê sers. Samuel van der Linde, sers. Mogoiwa Setlhare, konst. Motshidisi Makutu en konst. Phumla Mpolokeng het op inligting van ’n gesteelde fietse reageer toe hulle die verdagtes by die sentrum gearresteer het.

Die verdagtes het na bewering hulle slagoffer met ’n mes gedreig toe hulle sy bergfiets in Cecil Sussman-straat in die middestad gesteel het, sê Kock.

Die slagoffer het ’n polisiepatrollie voorgekeer en van die diefstal in kennis gestel. Die boewe is minute later by die taxistaanplek aangekeer.

Die beskuldigdes gaan binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn, sluit Kock af.