Kinderslaner ses jaar tronkstraf opgelê

Deel hierdie storie / Share this story

COLESBURG – John Mcanda (39) is hier in die streekhof ses jaar gevonnis vir die aanranding van vier minderjariges, 13, 16 en 17.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê Mcanda het in Julie 2016 dié minderjariges daarvan beskuldig hulle het sy dagga en skyfies gesteel. Mcanda het hulle na sy huis geneem, waar hy hulle hande vasgebind en met ’n sambok geslaan het.

Hy is skuldig gevind op die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die suksesvolle vervolging kom te danke aan die noukeurige ondersoek deur konst. Nelson William van die De Aar-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS).

“Die polisie sal nie die mishandeling van kinders duld nie,” sluit Mooi af.