Boer soek ’n vrou aanbieder 2020

Deel hierdie storie / Share this story

Die land is aan die gons oor Boer soek ’n vrou se nuwe aanbieder van 2020.
Leah SA het op die reünie-episode van Boer soek ’n vrou seisoen 12 aangekondig dat dit haar laaste seisoen as aanbieder vir die gewilde Kyknet-program sal wees.
Bekendes reg oor die land, soos Schalk Bezuidenhout, Katinka Oosthuizen en Sean van Noordwyk het aansoek gedoen om die nuwe aanbieder vir 2020 te wees.
Schalk het op sy sosiale platforms ’n foto geplaas waar hy Kyknet smeek om hom as aanbieder te kies.

Ons wil by ons FiND iT-lesers hoor, wie wil julle hê moet Boer soek ’n vrou seisoen 13 aanbied.