KIMBELREY. – Zoë Milford (16), van Hoërskool Noord-Kaap, het die provinsie trots gemaak toe sy verlede week aan die Suid-Afrikaanse Junior-skaakkampioenskappe op Boksburg deelgeneem het.
Zoë speel nege jaar lank skaak en haar langste skaakkompetisie by dié kampioenskappe het agt uur lank geduur. Sy was deel van die o.20 Tshwane-span. Haar span het goud verwerf en sy het ook ’n prys gewen.
“Ek wil hê skaak moet meer bekend raak. Meisies moet besef skaak is nie net ’n ‘nerd’-sport nie. Mens moet aanhou glo in wat jy wil doen en nie deur iemand anders geintimideer word nie.”
Zoë is ’n groot gelowige en sê sy het op die Here vertrou om haar te lei. “Ons Vader voorsien aan Sy kinders.”
Zoë was ook een van slegs 107 deelnemers wat gekies is vir die grootste skaakkampioenskappe in Afrika teen GM Levon Aronian.



