Kikker ou meubels op

Deel hierdie storie / Share this story

Gee nuwe lewe aan jou hout meubels deur dit te white wash. Deur verf en water in gelyke hoeveelhede te meng, word verseker dat die verf  semi-deursigtig is en laat die hout toegelaat word om deur te skyn. Hierdie tegniek word die beste gebruik op nuwe hout- of gladde oppervlaktes en skep ‘n egalige en moderne voorkoms.

Wat jy gaan benodig

  • Hout meubelstuk
  • Wit verf
  • Water
  • Mengbeker
  • Ou stuk lap
  • Koerant

Stappe:

  • Meng verf en water tot die gewenste skakering
  • Doop die lap in die verf en vee egalig oor die hout
  • Herhaal hierdie tot jy tevrede is met hoe dit lyk