Homevale Hoërskool se skooljaar het “reg afgeskop”

KIMBERLEY. – Homevale Hoërskool hier was vandag oop en leerlinge het skoolgegaan.

Mnr. Brooker, die skoolhoof, sê die eerste skooldag het normaal verloop. “Al die leerlinge se boeke is uitgedeel en alles het verloop soos dit moet.”

Brooker sê die skool was nie toe soos voorheen berig is nie.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys, het gister gesê die skool was toe, omdat die beheerliggaam leerlinge huis toe gestuur het.

Die skool se beheerliggaam was glo ongelukkig omdat ’n administrateur vir dié skool aangestel is omdat die skool onder-presteer het. Die beheerliggaam het die hulp van die administrateur geweier, waarop die departement gedreig het om die beheerliggaam te ontbind.

Brooker sê hy kan nie oor die gerugte uitwei nie, maar verseker dat die skooljaar reg afgeskop het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: