FiND iT opgewonde oor Wifi-hotspots van Sol Plaatje-munisipaliteit

KIMBERLEY. – FiND iT is geweldig opgewonde oor Wifi-hotspots wat in die stad opgerig word.

Patrick Mabilo, burgemeester, stel vandag die stad se eerste Wifi-hotspot by Kekana Park, Hulana, bekend. Daarna volg nog 35 hotspots.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê dis baie goeie nuus. “Ons het twee webtuistes wat verbruikers kan besoek om gratis nuus, regdeur die dag, te ontvang. Ons het spesiaal ook ’n webtuiste geskep wat min data gebruik, genaamd https://www.finditverniet.co.za. Ons sien uit daarna om aan nog meer lesers ’n diens te kan lewer deur dié fantastiese inisiatief van die Sol Plaatje-munisipaliteit.”

Die projek is ’n vennootskap tussen die Sol Plaatje-munisipaliteit en Standard Bank.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: