Tiener wat verdwyn, praat met FiND iT

KIMBERLEY. – Die tienermeisie wat verlede jaar as vermis aangemeld is, het eksklusief met FiND iT gepraat.

Wiona Ashleigh Geldenhuys (18), was verlede jaar ’n leerling aan Adamantia Hoërskool. Sy het die stad op hol gehad nadat haar ma haar as vermis aangemeld het en inwoners op sosiale media na haar begin soek het. Sy het nie ’n benul gehad van hoe ver die storie sou strek en watter nagevolge daar sou wees nie.

Wou nie regtig wegloop

Geldenhuys sê nie een van haar ouers het geweet wat sy beplan nie. Sy wou nie regtig wegloop nie en het net ’n “breek” nodig gehad. “Ek sou die volgende dag terugkom Kimberley toe. Ek het nie ’n bepaalde plan of bestemming gehad nie. Ek het R62 kleingeld gehad en het met ’n taxi tot by Warrenton gery. Daar sou ek een aand by ’n vriend oorslaap en weer terugkom. My foon was nie gelaai nie, so ek het geen boodskappe ontvang nie.”

Jammer oor besluit

Eers toe sy by die vriend aankom, het sy op haar foon gekyk en gesien almal soek na haar. “Ek was baie bang toe ek in die taxi was. Ek het getwyfel oor hoekom ek dit gedoen het. Dit was ’n besluit wat ek op die ingewing van die oomblik geneem het. Nou is ek baie jammer oor wat ek aan my vriende en familie gedoen het. Ek het hulle deur baie trauma gesit.”

Natasha Smith, Wiona ma, het in Julie 2019 ’n saak vir ’n vermiste persoon oopgemaak, nadat Wiona die aand nie huis toe gekom het nie.


Wiona sê sy het nou geleer mens hardloop nie weg van jou probleme nie. “Dit maak niks beter nie en opgee is nooit die antwoord nie. Ons moet eerder ’n manier vind om met dinge saam te leef en op geloof staatmaak.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: