Poging om Madrax oor grens te neem

NOORD-KAAP – Op Woensdag 15 Januarie 2020 omstreeks 01:20, was ‘n swart Volkswagen Polo by die Nakop-grens van plan om die grens oor te steek. Polisiebeamptes aan diens, sers. Letsholo Matikane, sers. Lesego Kelokilwe en konst. Bongani Shabalala het ondersoek ingestel en ontdek dat die bestuurder nie ’n geldige rybewys het nie.

Terwyl lede voortgegaan het om die voertuig te deursoek, is Mandrax-tablette ter waarde van R840 000-00 in die motor gevind. Twee selfone en kontant is gekonfiskeer. Die twee manlike verdagtes van 38 en 43 jaar oud is in hegtenis geneem weens die handel in dwelms.

Brig. Sampie Koopman, het die lede geprys vir ‘n deeglike werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: