KIMBERLEY- Die duikweg wat al vir meer as ’n maand onder water en afgebaken is, is steeds nie opgeklaar nie.
FiND iT het weer gaan inloer en met me Masuret gesels wat by ’n omliggende besigheid werk om te hoor of die afgebakende duikweg hulle affekteer.
Stella sê die duikweg veroorsaak dat haar man elke keer ’n ander roete moet volg om haar by die werk te kom haal. Die kliënte wat na die besigheid wil gaan, maak wel ’n plan om daar te kom, maar is ongelukkig en wil graag hê daar moet iets aan die situasie gedoen word.
‘’Die trokke wat verbykom, is meeste van die tyd nie bewus van die feit dat die duikweg afgebaken is nie en moet dan omdraai en ’n ander alternatief soek,’’ sê Stella.
FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaileit gedoen en volgens hom sal die pomp so vining as moontlik vervang word.



