Installeer vandag nog vir jou ’n watersisteem

Deel hierdie storie / Share this story

Duane Meintjes is al vir 13 jaar in die water bedryf en Morné Gerrits 9 jaar. Hul besigheid, Assorted Water Purification Solutions, sal hierdie Maart hul eerste bestaansjaar vier.
Assorted Water Purification Solutions spesialiseer in tru osmose, maar doen ook al die ander stelsels. Hul doen industriële stelsels vir winkels wat water verkoop, asook bottelaanlegte.


Hier is ’n paar voorbeelde van die verskillende toestelle/filters wat hul aanbied:

Die vyf fase tru osmose. Dit is ’n huishoudelike toestel wat dieselfde kwaliteit water voorsien as wat ‘n mens in ’n winkel koop. Tru osmose is ’n membraan tegnologie wat so fyn is dat dit bakterieë en virusse uit water kan haal. Sommige plekke gebruik dit ook om rioolwater te suiwer vir menslike gebruik. Dit word selfs in ontsoutingsaanlegte gebruik. 

Hulle verskaf ook gespesialiseerde krane wat warm, koue en filterwater in een kraan voorsien.
Die countertop filter is die goedkoopste filter, maar haal nie soveel onsuiwerhede uit die water nie.


Daar is n paar basiese tipes filters wat verskillende elemente verwyder. Vir dorpswater gebruik ons meestal die volgende:
Sedimentfilters. Verwyder enige soliede dele uit water en kan ook ’n mate van kleur uithaal.
Koolstof (carbon). Word meestal gebruik om chloor en ander chemikalieë, wat ongesond is, te verwyder. Kan ook smaak en reuk verwyder. Moet na sedimentfilter gebruik word.
Sandfilters word ook baie gebruik om verskillende probleme op te los soos bv. om Kleur, smaak en reuk op groot skaal te verwyder.
 Waterversagters haal kalk uit die water en help dus dat geisers se elemente langer hou. Help ook baie met ’n droë vel.

Assorted Water Purification Solutions het ’n groot verskeidenheid filters wat ook yskasfilters insluit.
Hulle adverteer tans hul nuutste promosie – ’n huishoudelike 5 fase tru osmose watersisteem ter waarde van R3500, installasiekoste ingesluit. Vir installering buite Kimberley sal ’n ekstra fooi per kilometer gevra word.
Indien jy meer inligting wil hê oor Assorted Water Purification Solutions, kliek hier.

Indien jy meer inligting wil hê oor Assorted Water Purification Solutions, kliek hier.