Ontmoet die man agter NTLO signs/CC Automation

Christo Snyman, die besigheidseienaar van NTLO signs/CC Automation, het ongeveer 10 jaar gelede besluit om sy eie besigheid te begin, nadat hy vir vir Panasonic en Nashua gewerk het. Hy het vir twee jaar CC Automation bedryf toe hy besluit het om NTLO Signs ook te vestig.

Christo sê:“NTLO Signs/CC Automation is twee besighede in een.” NTLO Signs maak enigiets besigheidsverwant, van jou kleinste besigheidskaartjies tot grootskaalse drukwerk. Hulle doen ook embroidering van klere. CC Automation hanteer alles kantoorgewys, vanaf fotostaatmasjiene tot telefoonstelsels.

‘’Ek het ’n passie vir my werk en hanteer die daaglikse beheer van die kantoor, asook verkope en installasies,’’ sê Christo.

Buiten sy werk is Christo lief vir die buitelewe en geniet aktiwiteite soos jag en visvang. Hy is ook ’n familieman en bring graag tyd saam met sy vrou en seun deur.

Christo sê hy en sy besigheid strewe daarna om te vernuwe, om innoverend te wees en weg te breek van die norm.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: