Is die juffrouens reg vir die graad 1’s?

Jeanni Barkhuizen

Juffrou Jeanni Barkhuizen is ’n gr. 1-juffrou by Laerskool Eureka. Sy bestee baie tyd om haarself geestelik en emosioneel voor te berei. “Ek sê altyd ‘n gr. 1-juffrou maak of breek ‘n kind,” sê Jeanni.

“Teaching is a way of heart”

Sy is elke jaar baie opgewonde vir die nuwe graad 1’s om hulle verskying te maak en om elke kind se potensiaal te verwesenlik. “Ons is uitgerus na vyf weke en reg vir die nuwe skooljaar.” Jeanni het ’n piekniek gereël vir die nuwe gr. 1-leerders vir die aand voor die skool begin. Dit het hulle welkom geheet by die “groot skool.”

Opgewonde graad 1’s

Elke jaar daag die nuwe leerders met groot glimlagte op. Hulle is baie opgewonde om te leer lees en skryf. Die nuwelinge werk nog nie op die eerste dag nie. Jeanni sê hulle word georiënteer ten opsigte van klasroetine en klasreëls.

Roxanne Thomas

Roxanne Thomas is ook ‘n gr. 1-juffrou by Laerskool Staats. “Ek is baie opgewonde en gereed vir die nuwe jaar en om al die nuwe gr. 1-leerders te ontmoet,” sê sy aan FiND iT.  Sy begin elke jaar met ‘n nuwe tema vir haar klas. Dit verg glo baie tyd en moeite, maar sy geniet dit tog.

Eerste dag

Op die eerste dag van graad 1 is daar gewoonlik soveel verskillende emosies. Sy sê sommige leerders is skaam en stil, terwyl ander van opgewondenheid borrel. Hulle gebruik gewoonlik hierdie dag deur mekaar beter te leer ken en doen lekker aktiwiteite saam. Ek verwag môre 41 graad 1’s in my klas en ek kan nie wag om elkeen van hulle te leer ken nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: