Vier plaaslike universiteitstudente vir leierskap-program gekies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vannette Naude, Ntesang Makutu, Kopano Sebe en Dikatso Gaebepe, almal studente by die Sol Plaatje-universiteit, is gekies vir die JustLead!-kursus wat deur die Stellenbosch-universiteit aagebied word.

JustLead! se doel is om die leierskapsbevoegdheid en kapasiteit van jong leiers regoor Suid-Afrika te ontwikkel.

Die kursus is op drie kernpilare gebaseer, naamlik: persoonlike leierskapsontwikkeling, kontekstuele bewustheid en sosiale responsiwiteit.

Dit bied deelnemers insig in ’n verskeidenheid uitdagings vir geregtigheid op sosiale media. Die klem word geplaas op die ontwerp van gemeenskapsbetrokkenheid.

Die kursus fokus op:

• Outentieke leierskap;

• Uitkyk van toekoms deur die lens van die verlede;

• Gesamentlik ’n regverdige samelewing, insluitend leefwyse, te skep;

• Hoe om met die die media te werk;

• Hoe om in die land betrokke te raak;

• Aktiewe burgerskap in ’n demokrasie

• Hoe om met onderwys te werk.