Robot in middestad glo vir jare rooi

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die verkeerslig op die hoek van Du Toitspan- en Allenstraat is glo al vir meer as ’n jaar rooi.  Motoriste is bekommerd daaroor.

Matthew van Wyk, inwoner van Kimberley, het op FiND iT se Facebook-plasing oor ’n foutiewe verkeerslig op die N12 gesê die robot waar Baron-nagklub en die Katolieke katedraal is, is glo vir die afgelope paar jaar permanent rooi.

Lorette Gouws sê sy ry feitlik daagliks daar. “Ek probeer altyd vir die mense wys dit is ‘n vierrigtingstop, hulle kan maar ry, maar blykbaar verstaan hulle nie my handsein nie! Die dag as die robot behoorlik werk, sal hulle seker oor die rooi robot ry,” verduidelik sy.

Marie Beylefeld, DA-raadslid, het die probleem aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerapporteer. 

Thoko Riet, munisipale woordvoerder, sê die verkeerslig se kontroleerder is foutief en volgens inligting beskikbaar gaan dit voor die einde van die jaar vervang word.