Die Kimberley Diamond Cup was ’n reusesukses

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Meer as 18 000 mense het Saterdag die Kimberley Diamond Cup bygewoon.

Die Kimberley Diamond Cup Action Sports Festival is van 5 tot 7 Desember in Kimberley gehou.

Hierdie fees het aksiesport soos skaatsplankry, BMX en FMX met pirotegnieke bymekaargebring. Daar was ook ’n modevertoning met Novelle-modelle en ’n kinderarea. Van die beste kunstenaars in Suid-Afrika het by die geleentheid opgetree.

Die KDC-skaatsplankfinaal was ongelooflik. Skaatsplankryers van Suid-Afrika, asook internasionale skaatsplankryers het deelgeneem.

Meer as 10 000 boekies wat die publiek bewus maak oor die gevare van dwelmgebruik is uitgedeel. A drug free world sê: “Ons het meer as 50 000 mense op sosiale media bereik, wat ongelooflik is. Boonop is die oorweldigende positiewe reaksie van die gemeenskap meer as waarvoor ons kon vra. Ons het soveel mense regoor die Noord-Kaap, om die dwelmvrye wêreldveldtog in gemeenskappe en in die skool in te stel, bereik.”

“Ons bedank die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, vir die bekendstelling van die Kimberley Diamond Cup en sy deelname, die Noord-Kaapse departement van toerisme, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, maatskaplike ontwikkeling, HRA Trading, Howler en ons eie Gregory Werner wat hierdie fees ’n reusesukses gemaak het.

Dié event gee die pas aan vir groter events, soos die krieketwêreldbeker O.19 wat se opening in Januarie hier plaasvind.