NOORD-KAAP – Die Roodepan-polisie het ’n bewusmakingsveldtog en misdaadvoorkomingspligte in Roodepan uitgevoer waartydens waar hulle pamflette teen huishoudelike geweld en veiligheidswenke versprei het vir die 16 dae van aktivisme teen die mishandeling van vroue en kinders.
Die lede het ook stop- en deursoekoperasies gedoen en ’n paar tavernes besoek waar hulle nakomingsinspeksies uitgevoer het.
Die span was onder leiding van die provinsiale korporatiewe kommunikasie, brig. Ramatseba, wat ook aan die veldtog en verrigtinge deelgeneem het.






