Verkeerslig by Horseshoe vir derde dag rooi

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die robot op die hoek van Memorial- en MacDougallstraat in Monumenthoogte, Kimberley, op die N12-roete na Kaapstad, is vir die derde dag buite werking.

Frans Reichert, ’n inwoner, sê dit is pateties dat die probleem nog nie herstel is nie. Dit is nie net ’n irritasie vir Kimberliete nie, maar ook vir besoekers wat van die hoofroete in en uit die stad gebruik moet maak.

FiND iT het navrae by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien, maar het nie betyds vir publikasie terugvoer ontvang nie.