
Klein Klaradyn Jacobs is twee jaar oud. Sy het aan Kersvader ‘n brief geskryf en gevra vir ‘n 4×4 stootkarretjie vir haar babapop Miané. In haar brief skryf sy dat haar waentjie nie so vinnig kan ry soos haar oupa se kar nie.
“Ek kan nie skryf nie, maar het vir Kersvader ‘n prentjie geteken.”
Klaradyn het nog ‘n versoek, en dit is dat Kersvader vir haar klein sussie ook iets moet saambring, anders moet sy met haar deel.
– Liefde Klaradyn



