KIMBERLEY – Behalwe vir Kersdag gaan vullisverwydering in die stad normaal voort gedurende die feestyd.
So sê Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit.
FiND iT het navrae oor die skedule ingedien nadat inwoners van South Ridge verlede maand gekla het toe dié buurt se vullis nie opgetel was nie.



