WELKOM – Die liggaam van ’n 22-jarige vrou is hier in haar slaapkamer in De Wet, Reitzpark, gevind.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer se hande was vasgebind en sy het wurgmerke aan haar nek gehad.
’n Vel A4-papier met die woorde “STOP ASSUALTING INMATES” is langs haar liggaam gelos.
Makhele sê ’n oop beursie met ’n voertuigrybewys en kaarte is op die toneel gekry.
Die oorledende was nie ’n student by die TVET-kollege nie. Die motief vir die moord is nog onbekend, sê hy.
Enigeen met inligting kan vir speur adjudant-offisier Jerry Lenyane by 083 426 8343 skakel.
Die ondersoek duur voort.



